



Music
Music
WIE IS ONS?
Dit het begin as 'n nawekie op ons familieplaas na 'n jag waar ons sou bymekaar kom en vleis moes verwerk vir persoonlike gebruik. Elzaan en Eduan het toe die geleentheid gesien om hul knanige mes vermoë te omskep in 'n klein besigheid.
Ons het die geleentheid om vars wildsvleis in die hande te kry teen 'n baie beter prys as wat mens normaalweg sou betaal.
Ons het ook verskeie spesies van wild beskikbaar. Wild wat gereeld beskikbaar is, is Springbok, Impala, Kudu, Blesbok en Ribbok. Op geleenthede sal wild soos Gemsbok, Rooihartebees, Eland, Swartwildebees, Blouwildebees en Duiker ook beskikbaar wees.
Met die kennis wat ons op gedoen het, sien ons kans om vir ons kliente die beste moontlik produkte voor te sit.
WAT DOEN ONS?
Ons fokus hoofsaaklik op Biltong, Droëwors en Chilli bites. Ons voldoen ook aan die toerusting om produkte soos Patties, Boerewors, Maalvleis of enige ander aanvraag te voldoen.
Ons verwerk al die vleis op ons plaas waar ons ingerig is met 'n voldoende vleiswerkkamer. Die vleiswerkkamer is higiënies en skoon.
Ons verpak ook al ons produkte self. Meeste van die produkte word gevacuum seal en dan dadelik aan die kliente verskaf, voordat dit gevries hoef te word.
Ons is ook in staat om aan kliente af te lewer indien hulle dit moeilik vind om self die produkte te kom oplaai.
HOE WERK DIT?
Daar sal altyd Biltong, Droëwors, Chilli Bites, Boerewors en Skenkels beskikbaar wees vir enige een te koop. Die pryse is volgens kilogram bepaal.
Ons ander opsie is om 'n volle karkas aan die klient te verkoop. Die klient betaal vir die volle bok en dan bestel ons die karkas. Teen 'n billike fooi, gaan haal ons dan die karkas en bewerk dit ten volle. Pryse is als op ons pryslys.
Ons bestel soos ons bestellings van julle die kliente af kry. Dit verseker dat die vleis vars is vir ons kliente.
Goeie gehalte, plaas vars, self verwerkte wildsvleis vir ons kliente om met 'n geruste hart uit die wild te eet.
BILTONG

R150/kg
Die biltong word klaar gekerf en verpak.
Die pakkies is in die volgende pryse beskikbaar:
-
R10 ...................................................67g
-
R20 .................................................135g
-
R50 .................................................335g
-
R100 ...............................................670g
DROËWORS

R130/kg
Die droëwors is in lengtes gesny en is verpak.
Die pakkies is in die volgende pryse beskikbaar:
-
R10 .........................................75g
-
R20 .......................................150g
-
R50 .......................................385g
-
R100 .....................................770g
CHILLI BITES

R200/kg
Die chilli bites is verpak in heel stukkies.
Die pakkies is in die volgende pryse beskikbaar:
-
R10 .....................................50g
-
R20 ...................................100g
-
R50 ...................................250g

BOEREWORS
R55/kg
Die boerewors is beskikbaar as normaal of kerriewors. Dit word verpak in R25 pakkies (450g).
MAALVLEIS

R45/kg
Vars wildsmaalvleis word verpak volgens aangedui deur koper. Geen speserye word bygevoeg nie, slegs skoon vleis.
PATTIES

R50/kg
Die patties word verpak in R25 pakkies (500g). Die wildspatties is hoogs aanbeveel.
STEAK/FILLET

R80/kg
Die steaks is uit die skoon fillet snitte gesny. Daar is Eland rump steaks ook beskikbaar.

NEK SKENKELS
R35/kg
Die nek skenkels is klaar gesaag en verpak. 'n Volle nek word as geheel verkoop. Die pakkies kan wissel vanaf R60 na R150.
Vir die volledig pryslys, click hier:

BEEN
SKENKELS
R15/kg
Die volle bok se skenkels is beskibaar. Dit sluit in die blad, boud en rug skenkels. Vir 'n volle bok is dit om en by R360, anders is pakkies volgens die gewig ook beskikbaar.
SPESIALE AANBOD!
